Open-access Die rol van 'n mentor vir seuns tydens die oorgangsfase van die laat-middelkinderjare na adolessensie

The role of a mentor for boys during their transition phase from late middle childhood to adolescence

Seuns in hulle laat-middelkinderjare beleef verreikende veranderings in hulle lewens. Die bereiking van puberteit en die oorskakeling van kinderjare na adolessensie veroorsaak groot spanning en wrywing. Die intensiteit van die verhouding tussen pa en seun neem dikwels af terwyl die betrokkenheid in portuurgroepe weer toeneem. Hierdie artikel fokus op die seun in sy laat-middelkinderjare se belewing van sy biologiese pa en die invloed van die gesinsrangorde. As alternatiewe vaderfiguur word die klem op 'n mentor gelé. Die behoefte aan 'n mentor en die verwagtings wat die seun in sy Iaat-middeIkinderjare het rakende die mentor, word ondersoek.

gesinsrangorde; mentor; oorgangsfase; kind na adolessent; pa-seunverhouding; seuns; laat-middelkinderjare


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top