Open-access Geloof en regsfilosofie: 'n begripsmatige raamwerk vir Christelike vakkundigheid in voorgraadse regsopleiding

Regsopleiding in Suid-Afrika het by 'n diskursiewe tydstip gekom wat duidelikheid vereis oor wat die "doel" van regsopleiding behoort te wees. Debat oor die doel van regsopleiding, meer spesifiek vir die Christen-regstudent, word veral belangrik in 'n nuwe samelewing wat oorheers word deur positivisme, materialisme en pragmatisme. Met spesifieke verwysing na die voorgraadse Christen-regstudent, maak hierdie artikel dit eerstens duidelik dat die doel van regsopleiding die koestering van die student se geloof behoort in te sluit - geloof wat sy/haar grondliggende perspektief(we) oor die werklikheid omvat. Tweedens, ten einde die behoorlike koestering en ontwikkeling van die Christen-regstudent se geloof moontlik te maak, word die belangrikheid van die onderrig van regsfilosofie duidelik gemaak. In hierdie verband word voorstelle wat spesifiek verband hou met maniere waarop sodanige koestering en ontwikkeling van die voorgraadse Christen-regstudent se grondliggende geloof bereik kan word, gepostuleer.

Christelike onderwys; regsfilosofie; regsopleiding; universiteit


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo