Open-access Die rehabilitasie van die verraaier in Taylor Caldwell se verhaal I, Judas

Gedurende die vorige eeu het skrywers in verskillende genres gepoog om Judas Iskariot se naam in ere te herstel, of om te verduidelik waarom hy Jesus Christus verraai het. Een van die mees ambisieuse pogings in hierdie verband was die bekende Brits-Amerikaanse skrywer Taylor Caldwell se boek Ί, Judas' (1977). Die strategie vir Caldwell se gedeeltelike verontskul-diging van Judas, word teen die agtergrond van verskeie vroeëre beskrywings van Judas geanaliseer. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat Caldwell se uitermate vrugbare literêre verbeelding, tesame met die indringing van na-bybelse tradisies in hierdie oënskynlik eerste-persoon verhaal van die beskuldigde dissipel, die geloofwaardigheid van haar alter-natiewe persepsie van Judas ondermyn.

Bybelroman; Judas Iskariot; Caldwell; Taylor; verraad teenoor Jesus


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo