Open-access Die rol van musiek as heelbreinaktiwiteit by innerlike verandering

In hierdie artikel word die belangrikheid van musiek as heelbreinaktiwiteit vir innerlike verandering aangetoon. Daar word aandag gegee aan die relevante aspekte daarvan: die psigologiese dimensies, die postmoderne konteks waarbinne dit gebeur, die funksie van die brein en veral die belang van die gebruik van die hele brein teenoor die linkerbreinbenadering. Verder word die agtergrond van musiek en die invloed daarvan op innerlike verandering bespreek. As gevolg van die paradigmaskuif na die postmodernisme word gevoelens en ervarings makliker uitgedruk. Volgens die bevindings van hierdie artikel word innerlike verandering en heelwording van die postmoderne mens moontlik deur die gebruik van musiek en die aanwending van simbole, metafore, rituele en die kunste. Die finale gevolgtrekking waartoe gekom is, is dat musiek as heelbreinaktiwiteit gebruik kan en behoort te word om innerlike verandering teweeg te bring.

heelbreinaktiwiteite; innerlike verandering; musiekterapie


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo