Open-access Toegang tot en doeltreffendheid van studentesteundienste in verlengde kurrikulumprogramme by 'n Suid-Afrikaanse universiteit

Abstract

In Suid-Afrika gaan vele studente universiteit toe sonder die vaardighede vir sukses in hoër onderwys. Verlengde kurrikulumprogramme (VKP) is ontwikkel om aan studente wat potensiaal toon maar onvoldoende voorbereid is, die nodige grondslag te bied om sukses in hoër onderwys te behaal. Studentesteundienste is noodsaaklik vir studentesukses en veral in universiteite wat akademies onvoldoende voorbereid studente toelaat. Die oogmerk met hierdie studie deur die Kantoor van die Akademiese Adviseur aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe was om die effektiwiteit van en deelname aan beskikbare steundienste vir studente in die VKP te ondersoek. Die fakulteit het die laaste kohort VKPstudente in 2018 vir die graadprogramme MBChB, BSc Fisioterapie, en BSc Spraak-Taal- en Gehoorterapie ingeskryf. Ná die suksesvolle afhandeling van die VKP sluit studente by die tweede jaar van die betrokke hoofstroomprogram aan en word vir hul volle akademiese loopbaan deur toegewyde steundienste gemonitor. Namate studente vanaf die VKP oorskakel, moet hulle eie agentskap gebruik om toegang tot die beskikbare steundienste te verkry.'n Kwantitatiewe opname, wat kwalitatiewe response insluit, is vir data-insameling gebruik en via 'n tematiese ontleding ondersoek. Die studie het spesifiek studente se bewustheid en gebruik van, en hulle uitgesproke belangstelling in, die beskikbare steundienste beskou. Dit was van belang om VKPstudente se steundienstebehoeftes te ondersoek aangesien die COVID19-pandemie 'n toenemende behoefte aan steundienste uitgewys het. Minimale data het steundienstebehoeftes onder senior VKPstudente aangedui, en veral onder die gesondheidswetenskappepopulasie. Minimale data het vervolgens die behoeftes aan steun onder senior VKPstudente en spesifiek onder hierdie populasie in die gesondheidswetenskappe uitgewys. Die navorsing het beter insig gegee in die ondersteuning waaraan studente behoefte het. Volgens die bevindings was studente vertroud met en het hulle toegang gehad tot steundienste, in só 'n mate dat hulle eerstehandse ervarings van toegang tot steun aan die universiteit kon deel.

Akademiese ontwikkeling; risiko-studente; verlengde kurrikulumprogram (VKP); gesondheidswetenskappe; hoër onderwys; mediese studente; studente sake; studentesteundienste


location_on
Journal of Student Affairs in Africa 7 Walmer Road, Woodstock, Cape Town, Western Cape, ZA, 7925, Tel: +27 83 350 5959 - E-mail: editor@africanminds.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top