Sumário
Journal of Literary Studies, Volume: 38, Número: 1, Publicado: 2022Journal of Literary Studies, Volume: 38, Número: 1, Publicado: 2022
| Documents |
|---|
|
Articles Contagion, a Futurist South African Climate Crisis and a Hidden Drug Pandemic in Mohale Mashigo's Intruders: Short Stories Manase, Irikidzayi Resumo em Inglês: The article draws on typologies of contagion, particularly matrices and patterns of virality considered here as tropes from the Bakhtinian chronotope. Using this frame, it analyses how society attempts to control crises and contagions in Mohale Mashigo's speculative stories, "Untitled i," "Untitled ii," and "Ghost Strain N." The Foucauldian notion of heterotopic juxtaposition of spaces complements the trope of contagion in unpacking how Mashigo's characters encounter their specific forms of disasters and epidemics in ways that conform to past mass contagions and also break with those. In its focus on continuities and discontinuities regarding typologies of epidemics and pandemics, the article considers Mashigo's use of African science fiction and fantasy (speculative fiction) to depict the life experiences and flight from an unfolding climate disaster to another galaxy in "Untitled i" and "Untitled ii," and the spread of a drug epidemic in a fictional Johannesburg township in "Ghost Strain N." It argues that we can understand these stories by making heterotopic linkages with the present Covid-19 and various life-changing crises and infections that humanity has encountered, is facing right now and will encounter as it moves with time and strives for survival.Resumo em af: Hierdie artikel put uit tipologieè van besmetting-veral matrikse en patrone van virusverskynsels wat hier beskou word as stylfigure van die Bakhtiniese chronotoop. Met behulp van hierdie raamwerk ontleed dit hoe die samelewing probeer om krisisse en besmettings te beheer in Mashigo se spekulatiewe stories, "Untitled i," Untitled ii" en "Ghost Strain N." Die Foucauldiese gedagte van heterotopiese naasmekaarstelling van ruimtes komplementeer die stylfiguur van besmetting in die uitmekaarhaal van hoe Mashigo se karakters hul spesifieke vorme van rampe en epidemies teèkom op maniere wat voldoen aan-en ook breek met-massabesmettings uit die verlede. In die fokus daarvan op kontinuiteite en diskontinuiteite rakende topologieè van epidemies en pandemies, bestudeer die artikel Mashigo se gebruik van Afrika-wetenskapsfiksie en van fantasie (spekulatiewe fiksie) om die lewenservarings en vlug van 'n ontvouende klimaatramp na 'n ander sterrestelsel uit te beeld in "Untitled i" en "Untitled ii," en die verspreiding van 'n dwelmepidemie in 'n fiktiewe Johannesburgse township in "Ghost Strain N." Daar word beredeneer dat ons hierdie verhale kan verstaan deur heterotopiese verbande te bewerkstellig met die huidige Covid-19-situasie en verskeie lewensbedreigende krisisse en infeksies wat die mensdom tans in die gesig staar, in die verlede beleef het en sal teèkom namate dit met tyd beweeg en oorlewing nastreef. |
|
Articles Dystopian Futures: Ugandan Science Fiction and Post-Apocalypse Contagions Nabutanyi, Edgar Fred Resumo em Inglês: Uganda, like most countries on the African continent, has in the recent past grappled with existential pandemics such as AIDS, Marburg disease, cholera, Ebola, and currently the Covid-19 pandemic. All the above-mentioned disease outbreaks have often unleashed unimaginable suffering on Uganda's population. This is perhaps why Ugandan scholars and public intellectuals- especially its writers such as Mary Karooro Okurut, Moses Isegawa, Jennifer Nansubuga Makumbi, and Austin Ejeit-have used fiction to offer insights into the various contours of these contagions. For example, in their interrogation of one of the worst pandemics to hit the Ugandan society-AIDS-a host of writers have centred a cautionary tale motif and verisimilitude to show how behavioural change can effectively combat disease outbreaks. This article builds on this substantial Ugandan archive of plague writing by focusing on one genre of Ugandan writing-science fiction-that has not received much critical attention for its exploration of pandemics. I explore how Dilman Dila's "A Leafy Man," "Where Rivers Go to Die" and "The Taking of Oleng" use science fiction tropes to proffer insights in contemporary Ugandan plagues. I argue that Dila uses science fiction to effectively delineate the causes of, how to cope with and the myths that circulate about these catastrophic occurrences in the Ugandan public sphere.Resumo em af: Soos die meeste lande op die Afrika-vasteland het Uganda onlangs met eksistensièle pandemies soos vigs, Marburg, cholera en ebola geworstel, benewens die huidige Covid-19-pandemie. Al die bogenoemde siekte-uitbrekings het dikwels ondenkbare lyding vir Uganda se bevolking meegebring. Dalk is dit die rede waarom Ugandese vakkundiges en openbare intellektuele-veral skrywers soos Mary Karooro Okurut, Moses Isegawa, Jennifer Nansubuga Makumbi, en Austin Ejeit-fiksie gebruik het om insig in die verskillende kontoere van hierdie besmettings te bied. Byvoorbeeld, in hul ondersoeke oor een van die ergste pandemies wat die Ugandese samelewing getref het, naamlik vigs, het vele skrywers 'n waarskuwende verhaalmotief en skynwaarheid die middelpunt gemaak om te wys hoe gedragsverandering die uitbreking van siektes doeltreffend kan bekamp. Hierdie artikel bou voort op dié omvattende Ugandese argief van skryfwerk oor siektes, deur te fokus op een genre van Ugandese skryfwerk-wetenskapsfiksie-wat nie veel kritiese aandag gekry het vir die bestudering van pandemies nie. Ek ondersoek hoe Dilman Dila se "A Leafy Man," "Where Rivers Go to Die" en "The Taking of Oleng" wetenskapsfiksie-stylfigure gebruik om insig oor hedendaagse Ugandese plae te bied. Ek voer aan dat Dila wetenskapsfiksie gebruik om 'n doeltreffende beeld te skep van die oorsake van hierdie katastrofiese verskynsels wat in die Ugandese openbare sfeer sirkuleer, hoe om dit te hanteer en die mites daaromtrent. |
|
Editorial Pandemic Literatures and Being Human in Times of Mass Infection and Catastrophe: Some African Perspectives Manase, Irikidzayi Ndlovu, Thabisani |
|
Articles Being Human in a Time of Catastrophe: African Feminism, Feminist Humaneness, and the Poetry of Joyce Ash Nkealah, Naomi Resumo em Inglês: This article explores what it means to be human in a time of health catastrophe, and introduces the concept of feminist humaneness. Feminist humaneness is an offshoot of African feminism and is about women practicalising their feminism by expressing kindness, care, compassion, empathy and consideration for other women in times of sickness, disease, pandemics and other health catastrophes. The article establishes connections between being feminist and being humane using the poetry of Cameroonian writer Joyce Ash. Ash's poetry constructs feminist humaneness as a socially responsive and practical feminism that fosters human relationships.Resumo em af: Hierdie artikel bestudeer wat menswees in 'n tyd van gesondheidskatastrofe behels, en stel die konsep van feministiese menslikheid bekend. Feministiese menslikheid is 'n vertakking van Afrika-feminisme en handel oor vroue se praktikalisering van hul feminisme deur welwillendheid, sorg, medelye, empatie en bedagsaamheid teenoor ander vroue in tye van siekte, pandemies, en ander gesondheidskatastrofes te toon. Die artikel gebruik die poèsie van die Kameroense skrywer Joyce Ash deur 'n verband daar te stel tussen feministies wees en menslik wees. Ash se poèsie konstrueer feministiese menslikheid as 'n maatskaplik responsiewe en praktiese feminisme wat menslike verhoudings koester. |
|
Articles Life Writing During a Pandemic: Making Sense of the "New Normal" in Lockdown Extended: Corona Chronicles (2020) Barure, Walter K. Tivenga, Doreen R. Resumo em Inglês: This article focuses on the bourgeoning Covid-19 life narratives written by South African authors, who narrate their ordeals and the "new normal" in a bid to make sense of the impact of the pandemic through the lens of their everyday experiences that are different to those mediatised in mainstream media. Through a close reading and textual analysis of three personal narratives, we discuss how they reconstruct the first lockdown in South Africa, and take stock of the situation by confronting an immediate and distant past, daily acts of survival, private lives and imagined futures. The article also considers how the narrators envision themselves as vulnerable subjects, hence uniquely capturing the intense mood of the lockdown and how it led to a renewed interest in life writing.Resumo em af: Hierdie artikel fokus op die florerende Covid-19-lewensvertellings deur Suid-Afrikaanse outeurs waarin hulle hul beproewinge en die "nuwe normaal" weergee in 'n poging om sin te maak van die uitwerking van die pandemie, deur die lens van hulle alledaagse ervarings wat verskil van die ervarings wat in die hoofstroommedia uitgebeeld word. Na die noukeurige lees en tekstuele ontleding van drie persoonlike narratiewe, bespreek ons hoe hierdie outeurs die eerste inperkingstyd in Suid-Afrika gerekonstrueer het, die situasie krities in oènskou geneem het deur die onmiddellike en verre verlede, daaglikse oorlewingsaksies, privaat lewens en verbeelde toekoms gekonfronteer het. Die artikel neem ook die feit in ag dat die vertellers hulleself as weerlose persone sien, en vang gevolglik op 'n unieke wyse die intense gemoedstemming van die grendeltyd, en hoe dit tot hernieude belangstelling in die skryf oor die lewe gelei het, vas. |
|
Articles Writing a South African Pandemic Moment: Inequality and Violence in The Lockdown Collection Ndlovu, Thabisani Resumo em Inglês: This article examines how the overwhelmingly dominant genre in The Lockdown Collection (2020), the personal essay, is an appropriate medium to capture the immediacy of the initial hard lockdown in South Africa because of its brevity and resonance. While the essays react to policies of virus containment, the loss and alteration of social conventions, they inevitably reveal the identity of each author and how that identity sits in the imagination of South Africanness. This appellation itself incorporates and complicates fraternities that are race and class based in a context of acute inequality and ubiquitous violence. The essays display an awareness of the strong relationship between these two aspects and writing about them appears as an antidote to fear and a desire for a better South Africa, as learnt from and suggested by the challenges of Covid-19.Resumo em af: Hierdie artikel bestudeer hoe die genre wat oorweldigend dominant is in The Lockdown Collection (2020), naamlik die persoonlike essay, 'n geskikte medium is om die onmiddellikheid van die aanvanklike streng inperking in Suid-Afrika vas te vang-vanweè die beknoptheid en weerklank daarvan. Terwyl die essays n reaksie op beleide van virusbekamping, die verlies en wysiging van sosiale konvensies is, word die identiteit van elke outeur uiteraard onthul. Dit wys ook hoe daardie identiteit in die verbeelding van Suid-Afrikaansheid daar uitsien. Hierdie benaming opsigself beliggaam en kompliseer gemeenskappe wat op ras en klas gebaseer is in 'n konteks van akute ongelykheid en alomteenwoordige geweld. Die essays toon 'n bewustheid van die sterk verbintenis tussen hierdie twee aspekte-en om daaroor te skryf blyk 'n teenmiddel vir vrees en 'n hunkering na 'n beter Suid-Afrika te wees, soos die uitdagings wat Covid-19 meegebring het suggereer en ons inderdaad geleer het. |
|
Articles Twitter Diary and COVID-19 Survival: The Case of @acielumumba Musanga, Terrence Resumo em Inglês: This article examines the Twitter diary of Lumumba William Gerald Mutumanje, popularly known as Ace Lumumba in Zimbabwe, which chronicles his experiences of being COVID-19 positive, his recuperation and survival from the contagion. I argue that the Twitter diary attempts to create a resilient and survivor identity for Lumumba and at the same time underscores the fact that everyone is vulnerable and susceptible to the virus. The diary further complicates our understanding of a text and how meaning is generated given that meaning is no longer localised to the immediate (con)text as inferences have to be drawn from and made to other (con)texts. Twitter largely relies on intertextuality and the reader (prod-user/prod-sumer) needs to demonstrate an awareness of intertextuality if (s)he is to have a holistic appreciation of Twitter texts. Lumumba's Twitter diary also extends debates on the role of social media and infodemics in health advocacy and community education, especially in times of COVID-19.Resumo em af: Hierdie artikel bestudeer die Twitter-dagboekinskrywings van Lumumba William Gerald Mutumanje, beter bekend as Ace Lumumba in Zimbabwe, waarin hy sy ervarings opteken rakende COVID-19-positief wees, sy herstel en sy oorlewing van die siekte. Ek voer aan dat die Twitter-dagboek poog om 'n lewenskragtige oorlewende-identiteit vir Lumumba te skep. Dit onderstreep ook die feit dat almal weerloos en vatbaar vir die virus is. Verder kompliseer die dagboek ons begrip van 'n teks, en hoe betekenis geskep word gegewe dat betekenis nie meer gelokaliseer is tot die onmiddellike (kon)teks nie, aangesien gevolgtrekkings gemaak moet word op grond van ander (kon)tekste. Twitter steun grootliks op intertekstualiteit en die leser (prod-gebruiker/prod-verbruiker) moet 'n bewustheid van intertekstualiteit demonstreer om 'n holistiese begrip van Twitter-tekste te kan hê. Lumumba se Twitter-dagboek dien ook as uitbreiding van debatte oor die rol van sosiale media en infodemia in aanbevelings oor gesondheid en gemeenskapsopvoeding-veral in die tyd van COVID-19. |
|
Articles Anxious Competition: Exploring the Poetic Imaginarium of the COVID-19 Pandemic in Malawi Tembo, Nick Mdika Resumo em Inglês: As I write this article in mid-September 2021, the severe acute respiratory syndrome coronavirus (SARS-CoV-2) pandemic has claimed the lives of nearly 4.7 million people and over 228 million others have been infected worldwide. This article explores the poetic imaginarium of the coronavirus, focusing on how selected Malawian poets imagine the devastation wrought on human beings by the pandemic in their poetry. Specifically, it considers how selected poems in Walking the Battlefield: An Anthology of Malawian Poetry on the COVID-19 Pandemic-a book edited by Martin Juwa, William Mpina and Beaton Galafa- explore the chaos, shock and bewilderment brought on by COVID-19. I also argue that a reading of the poems allows for an opening up of a discursive debate on the hope and indomitable resilience of the human spirit when confronted by life-threatening contagions.Resumo em af: Terwyl ek hierdie referaat in mid-September 2021 skryf, het die ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus (SARS-CoV-2)-pandemie reeds die lewens van bykans 4.7 miljoen mense geèis en meer as 228 miljoen is wêreldwyd gei'nfekteer. Hierdie referaat verken die poètiese verbeeldingswêreld van die koronavirus, en fokus op gekose Malawiese digters wat in hul poèsie die vernietiging wat die pandemie in mense se lewens veroorsaak, in hul verbeelding ervaar. Dit besin spesifiek oor hoe gekose gedigte in Walking the Battlefield: An Anthology of Malawian Poetry on the COVID-19 Pandemic-'n boek wat deur Martin Juwa, William Mpina en Beaton Galafa geredigeer is- die chaos, skok en verbystering verken wat deur COVID-19 teweeggebring is. Ek voer ook aan dat 'n voorlesing van die gedigte 'n beredeneerde debat moontlik maak oor die hoop en onblusbare veerkragtigheid van die menslike gees wanneer dit deur lewensbedreigende aansteeklike siektes gekonfronteer word. |
|
Articles Literature and the Battle against Covid-19 in Zimbabwe: A Study of Flight Mlambo's Digital Verse Musiyiwa, Mickias Resumo em Inglês: This article evaluates the contribution of digital literature in the struggle against the novel coronavirus contagion, focusing on Flight Rufaro Mlambo's poetry of ChiNdau and English expression. Since the outbreak of the disease in Wuhan City, Hubei Province, China, in November 2019, and its declaration as a pandemic by the World Health Organization on 11 March 2020, various efforts to combat the disease have been implemented at global, regional, national and institutional levels. Notable in this struggle has been the use of cyberspace to complement other non-digital fronts in fighting the seemingly elusive pathogen. Written texts, audio recordings, songs, drama and verse videos are among the multiple artistic forms posted online as anti-Covid-19 weaponry. Employing the "existence-as-war" theory, Mlambo's verse is evaluated against this context in which the efforts to suppress the virus are theoretically interpreted in real war terms. The war's antagonists pit governments and all local, regional and international partners on one hand and the virus, sceptics and denialists on the other. The article seeks to answer the following question: To what extent does Zimbabwe's anti-Covid-19 digital literature serve as effective weaponry against the stubbornly mutating lethal virus?Resumo em af: Hierdie artikel evalueer die bydrae van digitale literatuur in die stryd teen die nuwe aansteeklike siekte, die coronavirus, met die fokus op Flight Rufaro Mlambo se digkuns van ChiNdau en Engelse uitdrukking. Sedert die siekte in November 2019 in die stad Wuhan in die Hubei-provinsie van China uitgebreek het, en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dit op 11 Maart 2020 as 'n pandemie verklaar het, word verskeie pogings op globale, streeks-, nasionale en institusionele vlakke aangewend om die siekte hok te slaan. Die gebruik van die kuberruimte om ander, nie-digitale fronte aan te vul om hierdie skynbaar ontwykende patogeen te beveg, is opvallend. Geskrewe tekste, oudio-opnames, liedjies, drama- en versvideo's is van die vele kunsvorme wat aanlyn geplaas word as wapens teen Covid-19. Die "bestaan-as-oorlog"-teorie word toegepas om Mlambo se poèsie te evalueer aan die hand van hierdie konteks waarbinne die pogings om die virus te onderdruk, teoreties gei'nterpreteer word in werklike oorlogsterme. Die oorlog se antagoniste durf regerings en alle plaaslike, streeks-en internasionale vennote aan die een kant aan, en die virus, skeptici en ontkenners aan die ander kant. Die artikel poog om die volgende vraag te beantwoord: In watter mate dien Zimbabwe se digitale literatuur teen Covid-19 as doeltreffende bewapening teen die dodelike virus wat onversetlik muteer? |
|
Articles Imagined Identity and Human Rights in the Post-pandemic World of Lauren Beukes's Afterland Stobie, Cheryl Resumo em Inglês: The article concerns itself with representative readers' responses to Afterland by Lauren Beukes. In line with Beukes's reputation, the novel has received acclaim. However, other readers have noted lacunae and negative representations that can fruitfully be viewed from the perspective of a hermeneutics of suspicion, which allows for an analysis of the affective sensibility of a text, and a human rights framework, which emphasises all humans' right to equality and freedom from prejudice. The world of Afterland, featuring the aftermath of the death of most people with prostates, offers an opportunity for dramatically reconceptualised gender roles and behaviours, and the possibility for readers to experience the effects of transportation into a narrative and the alleviation of out-group anxiety. Such processes allow for prejudice reduction and an increase in empathy. Through a close reading of sections of the novel, and by focusing particularly on the instance of transgender, I note that the novel fails to figure transgender rights as human rights through its representations and lacunae. Other representations of gender, sexuality and, to some extent, race are also at variance with the need for increased vigilance about the rights of marginalised and at-risk individuals during a pandemic.Resumo em af: Die artikel is gemoeid met verteenwoordigende lesers se reaksies op Afterland, deur Lauren Beukes. In ooreenstemming met Beukes se reputasie is die roman met toejuiging begroet. Ander lesers het egter leemtes en negatiewe voorstellings opgemerk, wat met sukses beskou kan word vanuit die perspektief van 'n hermeneutiek van agterdog, wat 'n ontleding van die affektiewe ontvanklikheid van 'n teks moontlik maak; sowel as 'n menseregteraamwerk, wat klem lê op die reg van alle mense tot gelykheid en vryheid van vooroordeel. Die wêreld van Afterland, wat gekenmerk word deur die nadraai van die dood van die meeste mense wat 'n prostaat het, bied 'n geleentheid vir dramaties gerekonseptualiseerde geslagsrolle en -gedrag, en die moontlikheid vir lesers om die uitwerkings van transportasie in 'n verhaal in en die verligting van buite-groep-angs te ervaar. Sodanige prosesse maak vermindering van vooroordele en 'n toename in empatie moontlik. Deur gedeeltes van die roman deeglik deur te lees en veral op die geval van transgender te fokus, merk ek op dat die roman nie daarin slaag om transgender-regte as menseregte uit te beeld deur sy voorstellings en leemtes nie. Ander voorstellings van gender, seksualiteit en, in 'n mate, ras, is ook strydig met die behoefte aan verhoogde waaksaamheid oor die regte van gemarginaliseerdes en individúe wat in gevaar verkeer tydens 'n pandemie. |
Leia a Declaração de Acesso Aberto
