Open-access Die doodloopstraat van die rede by David Faure: Waarom die eerste liberale predikant wat aan die Kaap gebore is sy toevlug tot spiritisme geneem het

Hierdie artikel het die negentiende-eeuse liberale denke aan die Kaap as onderwerp. Dit toon aan dat ortodokse rasionalisme en liberale denke nie daarin kon slaag om die liberale predikant, David Faure, te voorsien van 'n bevredigende basis en standaard vir teologiese denke nie. Die briefwisseling tussen Faure, die eerste liberale predikant, gebore in die Kaap, en die gewese evangeliese prediker en digter, ds. Peter Huet, dien as basis vir hierdie gevolgtrekking. Albei predikante het teen die einde van hulle bediening hoë verwagtings van kommunikasie met die geeste van afgestorwenes gekoester. Hierdie artikel toon aan dat alhoewel Faure sy bes probeer het om sy teologiese denke op die menslike rede alleen te baseer, hy in 'n doodloopstraat beland en desperaat op soek was na 'n openbaring. Toe sy teologiese raamwerk gedreig het om ineen te stort, het hy sy hoop op spiritisme gevestig vir antwoorde. Die ineenstorting van sy teologiese denke reflekteer ongunstig op die toekoms van die huidige Nuwe Hervorming-beweging in Suid-Afrika.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo