Open-access Die opvoeding van voornemende predikante as 'n uitnodiging tot die lewe: beweging vanaf morele bankrotskap tot morele uitmuntendheid deur middel van 'n proses van morele vorming

Hierdie artikel bespreek die belangrikheid van morele vorming van studente in Christelike bedieningsopleiding. Morele vorming word gedefinieer en die belangrikheid daarvan word bespreek met verwysing na die wetenskaplike debat in Suid-Afrika en elders. Die komplekse aard van morele vorming, die individualiteit van studente en die veelheid van kontekste waarin vorming plaasvind, word genoteer. 'n Model wat God se genade en menslike wilsinspanning as kern het en wat die doelwitte, struikelblokke en middele tot morele vorming beskryf, word voorgelê. Dit strek veel verder as 'n 'kop-, hart- en hande'-benadering en bespreek die kritieke areas van denke, wese, verhoudings en handel. Dit streef daarna om die uiterstes van indoktrinasie sowel as laissez-faire onbetrokkenheid teenoor teologiese studente te vermy.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo