Open-access 'n Ekklesiologiese model vir die bediening van versoening in 'n sosio-politieke konteks

An ecclesiological model for the ministry of reconciliation in a socio-political context

Hierdie navorsingsartikel ondersoek, vanuit 'n gereformeerde perspektief, n moontlike ekklesiologiese model wat geskik is om sosio-politieke versoening in die Suid-Afrikaanse konteks te bevorder. Die uitgangspunt is dat gereformeerde teologie per definisie n publieke teologie is, omdat dit onder andere die reformasie van die samelewing in die oog het. Eerstens behandel die artikel die historiese bydrae van die ekklesiologiese model van Kuyper en die bydrae van die reformatoriese filosofie, by name die "Wysbegeerte van die wetsidee". Tweedens fokus die ondersoek op die bybelse konsep "koninkryk van God" en die implikasies daarvan vir die ekklesiologiese model. Met hierdie perspektiewe as uitgangspunt word tot die konklusie gekom dat die geïnstitueerde kerk as die "kragstasie" van die samelewing gesien moet word. Die kerk moet gelowiges toerus om sosio-politieke reformasie van die samelewing te bevorder. Die geïnstitueerde kerk moet ook self by sosio-politieke reformasie betrokke wees deur die prediking van die versoening en die sosio-politieke betekenis daarvan. As gemeenskap van gelowiges moet dit die voorbeeld van versoening wees deur die grense van rassisme, xenofobie, homofobie, seksisme en etnosentrisme te oorkom.

ekklesiologiese model, Koninkryk van God; Kuyper samelewingsleer, sosio-politieke versoening


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba