Open-access Beoefening van triniteitsteologie: Primêre verwysings na God en verbeelding

Hierdie artikel ondersoek metodologieë van die triniteitsteologie en stel een moontlike weg voor vir die beoefening daarvan. Die basiese argument beklemtoon hoe die verwysings na God verskillende funksies kan hê gedurende teologiese diskoerse. Drie van hierdie verwysings word bespreek, naamlik God as die Handelende, God as Model, en God as Heuristiese Beginsel. Hierdie verwysings word verduidelik aan die hand van voor-beelde uit die Skrif en in kontemporêre triniteitsvoorstelle. 'n Beeld van gesofistikeerde strategieë wat deur teoloë gebruik word, kristalliseer. Deur van hierdie funksies wat na God verwys, te identifiseer, lig die artikel nie net die verbeeldingsmatige en konstruktiewe aard van teologiese refleksie uit nie, maar dra terselfdertyd ook by tot die vraag na die moontlikhede van triniteitsteologie en die ontwikkeling daarvan.

God; verwysings na; Heuristiek; imitatio Dei; triniteitsteologie verbeelding


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top