Open-access Die skrifbeskouing van feministiese teoloe, in die besonder die van Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - beoordeel in die lig van die gereformeerde teologie

The view of Scripture according to feminist theologians, in particular that of Fiorenza, Brenner and Van Dijk-Hemmes - evaluated in the light of the reformed theology

Abstract

Dit wil voorkom asof die feministiese Skrifbeskouing op die beginsel van selektiewe Skrifgesag berus. Dit beteken dat slegs dié dele in die Bybel wat met die feministiese ideologie ooreenstem, as gesaghebbend aanvaar word. Dit is veral die sogenaamde androsentriese taalgebruik wat dit vir aanhangers van hierdie benadering moeilik maak om die hele Skrif as gesaghebbend te erken. Hermeneuties vertoon hierdie benadering groot ooreenkomste met die Postmodernisme, waarin geen vaste reëls bestaan om die betekenis van tekste te bepaal nie. Gesien in die lig van die gereformeerde teologie, soos veranker in die Woord en belydenisskrifte, vertoon die feministiese teologie ernstige leemtes. Die bydraes (Skrifbeskouing) van drie prominente feministiese teoloë - Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - word onder die loep geneem en teologies-krities geëvalueer ten einde hierdie leemtes uit te wys.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo