Open-access Rabbi Abraham Joshua Heschel se godsdienstige geskiedenis ter regverdiging van 'n uitdrukking (ervaring) van die Christelike geloof

Rabbi Abraham Joshua Heschel se diepte-teologie model is 'n teologie van die daadwerklikheid van geloof. Dit blyk uit die Chasidiese uitdrukking van Judaïsme en is tydens die Verligtingstydperk gegrondves. 'n Moderne teïstiese benadering is om 'n profiel van God volgens omstandighede as voorvereiste van geloof te skep. Die uniekheid van dié Joodse konsep van geloof kom op indirekte wyse. Heschel redeneer vanuit sy religieuse (voor)geskiedenis ter vasstelling van die geloofwaardigheid van die Christelike geloof. Dit word gedoen deur in die eerste plek nie die inhoud van geloof te beklemtoon nie, maar wel 'n bewustheid van die werklikheid as die volste uitdrukking daarvan. Hierdie benadering kan ernstig oorweeg word as die vestiging van 'n geloofwaardige Christelike geloofsuitdrukking as lewende getuienis. Dit kan ook as ekumeniese brug tussen die Joodse en Christelike godsdienste dien in die gedeelde raakpunte wat geloof regverdig.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top