Open-access Sluit die profetiese en hervormingsbenaderings in die Christelike etiek mekaar uit? 'n Verantwoordelikheidsetiese poging tot versoening

In die artikel is standpunt ingeneem teen die beskouing wat onder andere in die Kairos Dokument uitdrukking vind, dat die profetiese en hervormingsbenaderings in die Christelike Etiek mekaar uitsluit. 'n Saak is beredeneer teen hierdie beskouing met 'n beroep op Reinhard Kratz se boek oor die nuutste bevindings oor Ou Testamentiese profesie, James Gustafson se onderskeiding van vier modi van morele diskoers en Walter Brueggemann se beskouing dat profetiese tekste verbeeldingryk aan ons die moontlikheid van 'n alternatiewe wêreld voorhou. Die gevolgtrekking was dat die profetiese en hervormingsbenaderings mekaar eerder aanvul, oorvleuel en bevrug. In die laaste gedeelte van die artikel was geredeneer dat beide hierdie benaderings geakkommodeer en geïntegreer kan word in 'n Christelike etiek van verantwoordelikheid.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba