Open-access Die rol van die Bybel in reformatoriese filosofie: Historiese en sistematiese opmerkings

In hierdie artikel word die rol van die Bybel in die uitbou van die reformatoriese filosofie, 'n neo-calvinistiese beweging wat in die dertigerjare van die vorige eeu deur Dooyeweerd en Vollenhoven begin is, geanaliseer. Volgens die outeur van hierdie artikel, het hierdie twee outeurs verskillende benaderings tot hierdie probleem, maar hulle bedoelings was dieselfde en die strategieë wat hulle uitgedink het, was wel met mekaar versoenbaar en selfs met mekaar integreerbaar. 'n Mens kan sê dat Vollenhoven in die praktyk 'n meer "tekstuele" benadering gevolg het, terwyl Dooyeweerd die belangrikheid van die hooftemas in die bybelse religieuse grondmotief beklemtoon het. Die voorstelle van 'n meer resente denker in hierdie beweging, Jacob Klapwijk, word oorweeg en daar word op die beloftes en gevare van sy benadering gewys. Die hoofdoel is om aan te toon dat in hierdie filosofiese tradisie, die rol van die Bybel in filosofie met toewyding en ernstige ondersoek aangepak is - 'n houding wat uit 'n egte verbintenis aan die skrifgeworde Woord spruit.

filosofering; rol van die Bybel in geloof en filosofie; verhouding tussen skriftuurlike filosofie; Dooyeweerd se siening van skriftuurlike filosofie; Klapwijk se siening van skriftuurlike filosofie; Vollenhoven se siening van wêreldbeskouing; Skrif en filosofie


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba