Open-access Die Heilige Gees en die prediking in die erediens

The Holy Spirit and preaching in the service

Die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is hoe die Heilige Gees in die aksie van prediking en die uitwerking daarvan teenwoordig en werksaam is. Die Gees versterk die boodskap en bewerk die sekerheid in die predikers dat die Gees die regte gehoor vir die woorde van die prediking skep. Christus as die brandpunt van die prediking word deur die gemeente in sy ontmoeting met God toegeëien en gehoorsaam. Prediking moet die lyne van die teks via die sentrale inhoud van die Skrif na die mens in die hede deurtrek. Die gemeente moet deur die beoefening van die gawe van die profesie die prediking in die konkrete lewensituasie toepas. Prediking en gebed staan in 'n kousale verhouding tot Skriflesing, want Skriflesing roep prediking en gebed op. Prediking as belydenis wek gebed as aanbidding en die aanbidding wek weer belydenis op. Hierdie kousale en wisselwerkende verhoudings is lewend en kragtig deur die dinamiese werking van God die Heilige Gees, wat gemeenskap tussen God en die gemeente in Christus deur hierdie handelinge bewerk.

gawe van profesie; Heilige Gees; prediking en gemeente; prediking in liturgie; verhouding tussen Skriflesing; prediking en gebed


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba