Open-access 'n Ondersoek na Matteus 13 as 'n profetiese diskoers: Die vier gelykenisse wat in die openbaar aangebied is

Abstract

Hierdie artikel stel voor dat dit die taak van Jesus se dissipels sou kon wees om nuwe en ou onvoorwaardelike profesieë oor die koninkryk van die hemele met mekaar te vergelyk. Matteus 13 kan as 'n profetiese diskoers gelees word en spesifieke, profetiese referente word ge'identifiseer om die profesieë in hierdie gelykenisse te begryp. Vanuit 'n pre-millenniale perspektief blyk dit dat die koninkryk van die hemele in 'n geestelike sin in terme van die Nuwe Verbond vanaf Christus se kruis en daarna bestaan, maar dit sal ook in 'n letterlike sin tot stand kom in terme van die Dawidiese Verbond wanneer Christus terugkeer. Hierdie artikel bespreek die vier gelykenisse van Matteus 13 wat in die openbaar aangebied is.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo