Open-access God se geskenke aan die mensdom: 'n Regsfilosofiese interpretasie van Luther se standpunte oor eienaarskap en die natuurlike reg op eiendom

Die verval van die Middeleeuse politieke en sosiale orde, die verskyning van die nasiestaat en die opkoms van burgerlike regeerders, het die vroeë Reformatore genoodsaak om 'n dui-deliker afbakening tussen die natuurlike reg op private eiendom en die morele voorwaardes wat tot sodanige reg aanleiding gee, te tref in hulle oorweging van die rol van private eiendom in die burgerlike samelewing. Luther se siening dat fundamentele regte die bestaan van morele plig veronderstel en nóú verbind is met die moreel-regskape aard van die eienaar se handelinge, het n aantal belangrike perspektiewe opgelewer wat steeds relevant is vir die huidige debat met betrekking tot die fundamentele regte van individue om eiendom te besit en om die vryheidsfeer wat aan hierdie reg verbonde is, voldoende te beskerm.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba