Open-access Basisteoretiese vertrekpunte op die aard en die begronding van 'n skrifgefundeerde liturgie

Basic theoretical starting points on the character and foundation of a scriptural based liturgy

Liturgie is alle religieuse handelings wat deur die gelowige verrig word wanneer God ontmoet word, daar na Hom geluister word, Hy aanbid en verheerlik word en daar in die samekoms en die daaglikse lewe godsdiens beoefen word. Tradisioneel was liturgie tot eredienshandelinge op Sondae in die kerk en die liturgiese volgorde onder die erediens beperk. In die etimologiese ontleding van die begrip "λειτουργία" kan egter tot die gevolgtrekking gekom word dat liturgie 'n dinamiese handeling is wat op Godsverering dui wat vanuit die erediens oorspoel na die daaglikse lewe van die Christen. Ten einde hierdie paradigmaverskuiwing te kan verantwoord, is dit nodig om eerstens basisteoretiese vertrekpunte vir die liturgie neer te lê. Hierdie basisteoretiese vertrekpunte moet teologies begrond wees aangesien liturgie 'n sentrale moment in die mens se godsdiensbeoefening inneem. Terselfdertyd moet hierdie perspektiewe 'n antwoord bied op die vraag hoe liturgie teologies beskou behoort te word. Die skrywers gaan van die standpunt uit dat liturgie in die verbond- en die koninkryksperspektiewe as openbaringslyne in die Skrif gegrond is.

basisteoretiese perspektiewe; koninkryk; liturgie; aard van verbond liturgie


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top