Open-access Teokrasie: Beskouings oor Calvyn en die Nederlandse Geloofsbelydenis, art. 36 -'n bydrae tot 'n noodsaaklike gesprek

Theocracy: Views on Calvin and the Confessio Belgica, art. 36 - a contribution to an important debate

Calvyn word dikwels gesien as 'n voorstander van teokrasie en die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB), artikel 36 as 'n teokratiese belydenis. Hierdie artikel ondersoek die standpunt van verskillende skrywers oor hierdie beskouing en kom tot die gevolgtrekking dat Calvyn nie 'n teokraat was nie en die NGB art. 36 nie 'n teokratiese belydenis nie. Die vraag word tereg gevra waar Calvyn, die NGB en verskillende lande van Europa (waaronder Switzerland en Nederland) se beskouing oor kerk en owerheid ten tye van die Reformasie dan vandaan kom. Die argument word gevoer dat dit, in reaksie teen die Rooms Katolieke Kerk se teokratiese beskouings soos in die Corpus Iuris Canonici verwoord, 'n teruggrype was na die historiese beskouing oor kerk en owerheid sedert die tyd van Konstantyn. Hierdie beskouing het ook in Suid-Afrika vanaf 1652-1994 gegeld. Die artikel poog ook om aan te toon wat nuut in Calvyn se beskouing oor kerk en owerheid was.

Calvyn; kerk en staat; Konstantinianisme; Nederlandse Geloofsbelydenis/Confessio Belgica; pouslike revolusie; teokrasie


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo