Open-access Vorming van 'n man van God: Evaluering van internasionale debatte oor predikantsopleiding in die lig van perspektiewe uit 1 en 2 Timoteus

Moulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 Timothy

Die afgelope 50 jaar word wêreldwyd breed en diep oor teologiese opleiding besin. Hierdie besinning is deur die volgende faktore gestimuleer: Aan die een kant is daar in ontwikkelende lande 'n ontploffende getallegroei van kerke. Aan die ander kant is daar in ontwikkelde lande kommerwekkende kwynende lidmaatgetale. Daar is ook kommer dat kerke weinig impak op transformasie van die samelewing het. Voorgangers slaag dikwels nie in hulle voorbeeld en bediening daarin om instrumente in God se hand te wees wat gelowiges toerus en inspireer om werklik getuies van Christus te wees nie. Hierdie verskynsels het gelei tot die vraag: Hoe kan en moet teologiese opleiding van kerklike voorgangers herstruktureer word ten einde kerke effektief geestelik en in getalle te laat groei? In hierdie verband is daar ernstige vrae gevra oor die godsvrug en persoonlike geloofslewe van predikante en teologiese studente. Hierdie artikel evalueer internasionale tendense en debatte in teologiese opleiding in die lig van beginsels en perspektiewe wat uit Paulus se briewe aan Timoteus afgelei kan word.

indiensopleiding; karaktervorming; man van God; mentorskap; predikantsopleiding


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top