Open-access 'n Teologiese model vir 'n pastorale antropologie binne die dinamika van interkulturaliteit: Colo-spiritualiteit as integrale pastorale terapie binne cura animarum

Die konsep van heling is ingebed binne relasionele en sistemiese netwerke. Ten einde die lewe self te genees (cura vitae) moet menslike verhoudinge soos wat dit bepaal word deur paradigmas (patrone van rasionele denkkonstrukte) en kulturele kontekste genees word. Ten einde 'n omvattende en integrale benadering tot pastoral terapie te volg, word 'n sistemiese, relasionele en kwalitatiewe verstaan van die menslike siel in 'n pastorale model vir cura animarum voorgestel. Ten einde 'n interkulturele benadering in pastorale terapie te volg en heling te verbind met die trans-kulturele konsep van genade (die eskatologiese paradigma) word die konsep van 'n colo-spiritualiteit ontwikkel. Die verstaan van genade as 'n transkulturele konsep is nodig met die oog op die vestiging van 'n ruimte van onvoorwaardelike liefde wat die kwaliteit van menswees en houdinge (habitus) binne verskillende eksistensiële realiteite (d.w.s. angs, skuld en skaamte, wanhoop, hulpeloosheid en weerloosheid, woede) deurslaggewend bepaal.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo