Open-access Die noodsaak van die verrekening van metateoretiese vertrekpunte in prakties-teologiese wetenskapsbeoefening

The necessity of reckoning with metatheoretical assumptions in scientific practical-theological research

Hierdie artikel is die eerste resultaat van die navorsingsprojek "Metateoretiese vertrekpunte in Praktiese Teologie". Die probleem wat ondersoek word, het te make met 'n gebrek aan deursigtigheid met betrekking tot die uitspel van metateoretiese vertrekpunte teen die agtergrond van die pluraliteit in die benaderings tot die navorsing in die vak. Soms verklaar navorsers nie huile teologiese en ander vertrekpunte nie. In hierdie projek word die metateoretiese teologiese en ander vertrekpunte van 'n groep reformatoriese navorsers eksplisiet gemaak en die invalshoeke in die ondersoek van die praksis aangetoon. Die noodsaak om metateoretiese vertrekpunte uit te spel ten opsigte van werklikheidsbeskouing, die hermeneutiese proses wanneer handelings in die praksis verstaan, verklaar en verander word en die beskouing van die aard en taak van weten-skapsbeoefening, word vanuit 'n reformatoriese perspektief behandel.

hermeneutiese teorie; metateoretiese vertrekpunte in Praktiese Teologie; reformatoriese teologie; aard van die werklikheid; wetenskaplike benadering


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top