Open-access Die vertaling van Romeine: 'n Aantal hardnekkige hoofpyne

Hierdie artikel konsentreerop 'n aantal linguistiese manifes-tasies in Romeine wat voortdurend aan eksegete en vertalers hoofbrekens besorg. Aandag word aan die δικαι-groep, oi αγιοι, en Χριστω/κνρίω, hiperboliese kontraste, πνενµα, οργή en οµοιώµα gegee. Verskillende vertalings word bespreek en moontlike oplossings aangebied. Wanneer vertalers gekonfronteer word met vertalingsprobleme is hulle geneig om al te gemaklik terug te val in die veiligheid van tradisionele vertalings, selfs al sou laasgenoemde die werklik kontensieuse punte bloot kamoefleer. Om met die teks te bly worstel, selfs al sou dit foutlopies insluit om daardeur mettertyd vordering te maak, is wetenskaplik meer verantwoord as valse sekerheid.

Bybelvertaling; forensiese verstaan; Gees of gees; heiliges; in Christus; linguistiese konteks; Romeine


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo