Open-access Die ontsluiting van bybelse sleutelbeginsels vir die hantering van strydvrae oor liturgiese musiek vanuit 'n missio Dei perspektief - 'n basiese teoriese studie

Abstract

Hierdie artikel ondersoek bybelse sleutelbeginsels vir die hantering van strydvrae oor liturgiese sang en musiek vanuit Romeine 14:1-15:13 en die implikasies daarvan vir 'n missionale kerk. Die beginsels wat vanuit hierdie Skrifgedeelte ontsluit word, kan sinvol toegepas word op 'n verskeidenheid van sake wat nie-essensieel van aard is, maar waaroor daar oral en altyd skerp standpuntverskille in kerke voorkom. Dit sluit debatte oor musiek en sang in die erediens in. Die multikulturele konteks waarin kerke hulle bevind vra na duidelike beginsels wat as uitgangspunte in debatte oor liturgiese musiek kan dien. Die doel van hierdie artikel is nie net om baie tyd en energie wat dikwels aan sulke debatte bestee word, te verminder nie, maar ook om strydvrae om te keer in positiewe opbouende en verrykende ontmoetings, en die kerk se missionale getuienis oor eenheid en verskeidenheid te versterk.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo