Open-access Om tien oseane oor te steek: Calvyn oor die eenheid van die kerk - 'n bydrae tot 'n meer verantwoordelike ekklesiologie

Ten opsigte van ekklesiologie het Calvyn in sy tyd voor 'n besonder groot dilemma te staan gekom. Enersyds was daar duidelike Skrifgetuienis oor die eenheid van die kerk van Christus, soos onder andere ook deur die groot kerkvader Augustinus beaam is. Andersyds was die breuk met die Katolieke Kerk van die sestiende eeu onvermydelik. Calvyn worstel diepgaande met hierdie problematiek en probeer so ver moontlik vashou aan die Skrifgetuienis oor die eenheid. Hy was teleurgesteld dat die protestantse kerke die tema van die eenheid losgelaat het en hy verklaar hom bereid om tien oseane oor te steek om hierdie eenheid te probeer herwin. Dit alles laat die vraag ontstaan in watter mate die reformatoriese kerke vandag nog erns maak met die (sigbare) eenheid van die kerk van Christus.

Calvyn; kerk eenheid; ekumenisiteit; verskeurdheid


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo