Open-access Om ongekwalifiseerde lidmate as fasiliteerders toe te rus om emosioneel gekweste kinders in Afrika te ondersteun deur genesende gemeenskappe

Abstract

In Afrika is daar talle emosioneel gekweste kinders wie se omstandighede en ervarings nie tot hulle welsyn en gesonde ontwikkeling bydra nie. Hierdie kinders het 'n intense behoefte aan genesing. Dit wil egter voorkom of die kerk se opvoedkundig-georiënteerde bediening aan kinders en die individualistiese pastorale praktyk nie daarin slaag om effektief aan hierdie behoefte te voldoen nie. Nadat daar oorsigtelik na die probleem gekyk is, fokus die artikel op die ontwikkeling van ongekwalifiseerde lidmate as fasiliteerders in genesende gemeenskappe as 'n alternatiewe benadering om emosioneel gekweste kinders te bedien. Met verwysing na 'n illustratiewe uitbeelding van 'n kamp vir emosioneel gekweste kinders, word sommige elemente wat tot die sukses van die kamp bygedra het, uitgelig. Hierdie elemente word dan aan die effektiewe funksionering van genesende gemeenskappe verbind. Daarna word die opleidingsproses vir fasiliteerders van sulke groepe bespreek. Die artikel sluit af deur die kerk in Afrika tot 'n nuwe bedieningspraktyk uit te daag.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top