In antwoord op Prof. J.H. van Wyk se resensie op Gerrie Snyman se boek "Om die Bybel anders te lees: 'n etiek van Bybellees" (2007) herlei die skrywer die kritiek na die saak van kontekstualiteit wat genoodsaak word die moment wanneer die menslike aspek in die Bybelleesproses te berde kom. Konteks word teenoor 'n objektivistiese benadering gestel. Die artikel kyk verder na aspekte van rasionaliteit, Pneumatologie, Christologie en die teologiese regverdiging van apartheid saam met die teologiese motivering om die vroue in die GKSA uit die amp van ouderling en predikant te weer as toetssteen vir 'n ander manier van Bybellees.
hermeneutiek; kontekstualiteit; objektivisme; regspositivisme; retoriek; Skrifgesag