Open-access Ooreenstemmende leiding deur die GKSA se bedienaars van die Woord: 'n Ondersoek na die leiding van Petrus, Paulus en Jakobus by vier byeenkomste

Corresponding guidance by the RCSA's ministers of the Word: A study of the guidance provided by Peter, Paul and James on four occasions

Verskille tussen predikante in die GKSA in die leiding wat hulle uit die Woord gee, het die afgelope aantal jare sterk op die voorgrond getree. Dit is duidelik dat hierdie verskille onder dié wat as geroepenes voor moet loop, nie die welvaart van die kerk dien nie. In hierdie artikel word riglyne aan voorgangers -in casu vir predikante van die GKSA - aangedui om ooreenstemmende leiding te bewerkstellig. Hierdie riglyne word aangebied na die bestudering van die leiding wat Petrus, Paulus en Jakobus by vier byeenkomste gegee het waar die vraagstuk van die Christene uit die nie-Joodse nasies hanteer is. In die artikel word gekonsentreer op die onderlinge verhouding van die drie voorgangers met mekaar in die leiding wat hulle gegee het, asook moontlike riglyne wat dit vir hedendaagse voorgangers mag bied om ooreenstemmende leiding te bewerkstellig.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top