Open-access Postsekulêre demokrasie en die koninkryk van God: in gesprek met Habermas en Moltmann vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief

Abstract

Die Suid-Afrikaanse demokrasie wat gegrond is op 'n liberale grondwet, is geleidelik besig om 'n eie identiteit te vind. Demokrasie in Afrika ervaar unieke uitdagings en moet derhalwe gekontekstualiseer word deur die Afrikakultuur, geskiedenis en geheue in 'n politieke model te inkorporeer wat beoog om houdbare en deelnemende burgerskap te bevorder. Hierdie artikel tree vanuit 'n Suid Afrikaanse perspektief in gesprek met Habermas se model oor postsekulêre demokrasie sowel as met Moltmann se verstaan van 'Reich Gottes' in Ethics of Hope. 'n Geïntegreerde verhouding tussen verantwoordelike burgerskap (Habermas se postsekulêre demokrasie) en 'n Christelike sosiale gewete (Moltmann se 'Koninkryk van God') binne die Suid-Afrikaanse konteks word derhalwe deur hierdie artikel ondersteun.


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo