Open-access Uitgangspunte vir staatsoptrede in die Institusie van Calvyn soos vergelyk met uitgangspunte van Suid-Afrika se Handves van Regte (1996)

Points of departure for the state in the Institutes of Calvin compared with points of departure of the South African Bill of Rights (1996)

In die laaste hoofstuk van sy "Institusie" gee die hervormer Johannes Calvyn (1509-1564) aandag aan die staat en die taak van die staatsowerheid. Calvyn se beskouings is sterk deur die Bybel beïnvloed. Daarom sien hy staatsregering as 'n instelling wat deur God verordineer is. Wat hom betref, moet geregtigheid en billikheid die grense van alle staatswette wees. Die Suid-Afrikaanse "Handves van Regte" word geag die hoogste wet in die land te wees waaraan alle ander staatswette ondergeskik is. Om chaos te voorkom, of te verhoed dat mense die wet verkeerd toepas, vorm die Grondwetlike Hof die finale gesag ten opsigte van die interpretasie van die Grondwet. Dit maak van Suid-Afrika 'n regstaat. Alhoewel Calvyn, soos ook die "Handves", almal regverdig wil behandel, loop sy beskouings met dié van die "Handves" uiteen oor die vraag of die staat 'n dienaar van God is.

denkklimaat van Calvyn verskil van Handves; staatsowerheid: deur God gewettig en nie deur meerderheid van bevolking nie; staatsowerheid: dienaar van God; staatswette: moet billik wees


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo