Open-access 'n Prinsipiële diskoers oor die epistemologiese fundering van die Pastorale Teologie: 'n Oproep tot reformasie

Abstract

Hierdie artikel is as 'n huldeblyk aan prof. George Lotter by sy aftrede geskryf en uit erkenning vir sy bydrae tot die wetenskapsbeoefening van die Praktiese Teologie. Die artikel ondersoek die huidige konteks van die pastorale teologie. Aangesien epistemologiese keuses die metodiek en uitkoms van die pastoraat bepaal, is daar 'n dringende noodsaak om die epistemologiese invloede op die pastorale teologie te evalueer. Die artikel fokus op die epistemologiese dinamika wat die pastoraat verander het van 'n skriftuurlike fundering na 'n kommunikatiewe handelingsteoretiese en postmoderne narratiewe strategie. Die navorsingsvraag is: Is 'n reformatoriese terugkeer na 'n bybels-gefundeerde pastoraat teen die agtergrond van die epistemologiese invloede nog moontlik?


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba