Open-access Enkele aspekte met betrekking tot die gereformeerde erediens en kerklied in 'n multikulturele Suid-Afrika

A few aspects regarding the reformed worship service and liturgical song in a multicultural South Africa

Die erediens kry beslag binne 'n spesifieke kultuur. Omdat kulture gedurig besig is om te verander en te ontwikkel, sal die kerk in ook sy eredienste voortdurend te staan kom voor verandering. In 'n postapartheid Suid-Afrika met sy verskeidenheid kulture, sal die gereformeerde kerke toenemend moet rekening hou met die werklikhede en kwessies van 'n multikulturele konteks. Wanneer in hierdie opsig gefokus word op een van die belangrike handelinge in die gereformeerde erediens, naamlik die kerklied, kom fassinerende aspekte na vore. Dit toon aan dat die gereformeerde kerke inderdaad gekonfronteer word met besondere uitdagings. In die kerklied gee die Here sy kerk 'n uitnemende gawe waarmee hierdie uitdagings aangepak kan word. Wanneer dit op die regte Bybelse wyse hanteer word, word die realiteit van 'n multikulturele konteks 'n geleentheid om in die wêreld getuienis te lewer van die vergifnis en versoening deur Jesus Christus.

gereformeerde erediens; gereformeerde kerklied; kultuur; multikulturele konteks


location_on
Reformed Theological Society AOSIS Publishing, Postnet Suite #110, Private Bag X19, Durbanville, Cape Town, Western Cape Province, ZA, 7551, Tel: +27 21 975 2602, Tel: 086 1000 381 - E-mail: publishing@aosis.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top