Sumário
Historia, Volume: 68, Número: 2, Publicado: 2023Historia, Volume: 68, Número: 2, Publicado: 2023
| Documents |
|---|
|
From the Editor From the Editor Parle, Julie |
|
Articles Stolen Childhoods: Cape San Child Captives and the Raising of Colonial Subjects in the Nineteenth-Century Cape Colony McDonald, Jared Resumo em Inglês: Histories of indigenous child captives in settler-colonies remain marginal amid broader inquiries into colonial-era genocides of indigenous peoples. Yet, child transfers played an integral role in the demise of indigenous populations in numerous settler-colonies. Forced child removals occurred alongside the physical annihilation of parent societies and was often an important part of the erosion and eradication of hunter-gatherer peoples and identities. This article aims to set out an analysis of the integral role played by child abductions and transfers in the genocide of the Cape San during the early nineteenth century, with a particular focus on civilian initiative. In the Cape Colony, civilians initiated the practice of capturing and transferring San children to their invasive settler society. San children were considered malleable and better disposed to forced assimilation as labourers. Apprenticeship legislation was eventually introduced in the Cape Colony to regulate indigenous child transfers and to ensure that its worst abuses were minimised, although these ideals were seldom realised. Apprenticeship legislation attempted to catch up with existing practice set in motion by civilians and in effect, colonial authorities played an enabling role by legally legitimising it. The analysis also explores the narrative justifications for San child abduction and transfer employed by European-descended settlers, and contrasts these with contemporary evangelical-humanitarian discourses. Settlers and missionaries adopted different means to incorporate San children into settler society, while agreeing that incorporation was the desired end. Discursively, settlers and missionaries managed to frame their actions as being in the best interests of San children.Resumo em af: Die geskiedenis van inheemse kindergevangenes in setlaarskolonies bly steeds 'n verwaarloosde kategorie binne wyer ondersoeke na die volksmoord op inheemse gemeenskappe tydens die koloniale era. Tog het die oordrag van kinders 'n sleutelrol gespeel in die aftakeling van inheemse gemeenskappe binne vele setlaarskolonies. Die gedwonge verskuiwing van kinders het die fisieke uitwissing van ouer-gemeenskappe vergesel en het dikwels 'n belangrike deel uitgemaak van die erodering en vernietiging van jagter-versamelaar samelewings en hul identiteit. Hierdie artikel is daarop gemik om 'n ontleding te verskaf van die integrale rol van kinderontvoering en -oordrag in die volksmoord van die Kaapse San in die vroeë 19de eeu, met 'n bepaalde fokus op burgerlike inisiatief. In die Kaapkolonie het burgerlikes die gebruik om San kinders gevange te neem en na die indringer-setlaarsgemeenskap oor te dra, geïnisieer. San kinders is beskou as plooibaar en makliker om as gedwonge arbeiders te assimileer. Inboekeling-wetgewing is in die Kaapkolonie ingestel om inheemse kinder-oordrag te reguleer en die ergste vergrype te beperk, alhoewel hierdie ideale selde verwesenlik is. Inboekeling-wetgewing het probeer byhou met 'n bestaande praktyk wat deur burgerlikes van stapel gestuur is, met die gevolg dat die koloniale owerhede inderwaarheid die praktyk bevorder het deur dit te legitimeer. Die ontleding doen ook ondersoek na die narratiewe regverdiging vir die ontvoering en oordrag van San kinders deur setlaars van Europese afkoms, en kontrasteer dit met eietydse evangelies-humanitêre diskoerse. Setlaars en sendelinge het verskillende benaderings gehad tot die opneem van San kinders in die setlaarsgemeenskap, maar beide het saamgestem dat dit die gewenste uitkoms is. In hul diskoers het setlaars sowel as sendelinge daarin geslaag om hul optrede uit te beeld as in die beste belang van die San kinders. |
|
Articles The Face of Battle: The 'Fighting First's' Baptism of Fire at the Battle of Elandslaagte, 21 October 1899 Mouton, Dawid J. Resumo em Inglês: This article investigates the experiences of the 1st Battalion of the Manchester Regiment in the Battle of Elandslaagte fought on 21 October 1899 during the South African War of 1899 to 1902. This was the Manchesters' first battle in nearly two decades and their first against modern weapons. Studies of the experiences of ordinary British soldiers during the South African War are limited. This scrutiny of letters written by the officers and troops of the Manchesters is supplemented by accounts published in British newspapers and an unpublished letter preserved in the Manchester Regiment Archive, all of which have been used to enhance existing narratives of the battle by exploring the soldiers' perspectives of war. The article suggests that by making use of such sources it is possible to reconstruct the British 'face of battle' during the South African War. These published letters have some limitations, however, and are inclined to adhere to the popular 'Tommy Atkins' stereotype. Exploring the battle from the Manchesters' viewpoint reveals that even though Elandslaagte was a near perfect execution of the three-stage set-piece battle, the soldiers involved experienced a turmoil of emotions ranging from confusion, frustration, loss, pain, discomfort, and even joy.Resumo em af: Die doelwit van hierdie artikel is om die ervaring van die 1ste Manchester Regiment tydens die Slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899, 'n veldslag tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899 tot 1902, te ondersoek. Dit was die 1ste Manchesters se eerste geveg na amper 20 jaar en teen moderne wapens. Studies oor Britse soldate se ervarings tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog is beperk. Die soldate se perspektief kan egter ondersoek word deur die studie van briewe wat geskryf is deur beide offisiere en gewone soldate. Heelwat briewe was in Britse koerante gepubliseer, terwyl een ongepubliseerde brief in die Manchester Regiment Argief bewaar word. Hierdie bronne bou op bestaande beskrywings van die Slag van Elandslaagte vanuit die perspektief van die soldate. Hierdie artikel se standpunt is dat dit moontlik is om die Britse ervaring van gevegte, die sogenaamde face of battle', te rekonstrueer danksy die briewe wat in die Britse media gepubliseer is. Hierdie briewe het egter hul perke, soos party soldate se pogings om hulself volgens die populare 'Tommy Atkins' stereotipe voor te stel. Die verkenning van hierdie slag vanuit die Manchesters' se perspektief onthul dat, ten spyte van die feit dat die slag 'n amper perfekte voorbeeld van die drie-fase stellingskryg was, die ervaring vir die soldate 'n mengelmoes van emosies was, soos verwarring, frustrasie, verlies, pyn, ongemak, en selfs vreugde. |
|
Articles 'Bearded men singing psalms': The Work of DRC Ministers as Support Services during the South African War (1899-1902) Kotzé, Esté Smit, Lizelle Resumo em Inglês: Considering the importance of the Dutch Reformed Church (DRC) to most facets of Boer life during the South African War (1899-1902), there has been surprisingly little inquiry into the roles played by DRC ministers in the (informal) network of Boer support services during this conflict. While some social historians and church historians have delved into the significance of religion to both the fighting men and civilians, the role of Boer religious leaders and specifically the work they performed during the war, are still largely overlooked. This article investigates how DRC ministers functioned as a form of informal support service, in the absence of a formal chaplaincy, and considers how their ability to serve both the spiritual and material needs of their congregants was directly impacted by the context in which they worked and their proximity to British oversight. To this end we use three case studies of DRC ministers who worked in three main areas impacted by the war: the Boer commandos in the field (J.D. Kestell), the British-controlled prisoner-of-war camps (A.F. Louw) and the concentration camps (A.D. Lückhoff).Resumo em af: Die karige ondersoek na die rol wat die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) se veldpredikers tydens die Anglo-Boereoorlog as 'n tipe (informele) hulpdiensnetwerk gespeel het is verbasend wanneer die belangrikheid van die NGK van Suid-Afrika met betrekking tot bykans alle fasette van die Boere se lewe in ag geneem word. Alhoewel sommige sosiale- en kerkhistorici reeds die belangrikheid van geloof vir beide Boerekrygers en burgers ondersoek het, word die rol wat die Boere se geestelike leiers gespeel het, sowel as ondersoeke na die fisiese werk wat die geestelike leiers verrig het, grotendeels geïgnoreer. Hierdie artikel stel ondersoek in na die NGK kapelane se veelvuldige dienste tydens die Anglo-Boereoorlog wat as 'n tipe informele hulpdiensnetwerk beskou kan word. Ons argumenteer dat die konteks waarin hul gearbei het, sowel as hul nabyheid aan Britse gesag, 'n noemenswaardige invloed uitgeoefen het op beide die geestelike en materiële dienste wat hulle aan hul gemeentelede kon verskaf. Om verteenwoordigend te wees van die drie hoof arenas van die oorlog, gebruik ons gevallestudies van drie NGK kapelane, naamlik: J.D. Kestell wat die kommando's in die veld vergesel het, ds. A.F. Louw in die St. Helena krygsgevangekamp en ds. A.D. Lückhoff in die Bethulie konsentrasiekamp. |
|
Articles The Development of Christian Care Aid in Zimbabwe: The Case of Matabeleland Region, 1967-c.1990 Takuva, Tinashe Resumo em Inglês: The organisation, Christian Care, was formed during Zimbabwe's liberation war in 1967 to disburse emergency aid to victims of the war and political repression. From 1967 to about 1990, it provided emergency relief and charity aid to victims of war and the marginalised people in Zimbabwe. This article explores the development of Christian Care aid from its inception to around 1990, tracing the changes over time. It shows how Christian Care managed to respond to the situation on the ground even when such an agenda was not in line with what the government of the day practised. Between 1967 and 1980, Christian Care's aid was largely emergency based, assisting war victims with food, clothes and money. After 1980, the nature and composition of aid changed to development projects such as drilling of boreholes, construction of schools, clinics and dams and assisting communities to set up income generating projects like market gardens. Using a qualitative research methodology with predominantly archival sources, I explore the development of Christian Care aid in the Matabeleland region of Zimbabwe, demonstrating how the organisation provided assistance to the repressed and marginalised.Resumo em af: Die organisasie, Christian Care, is in 1967, tydens Zimbabwe se vryheidsoorlog, gestig om noodverligting aan slagoffers van die oorlog en politieke onderdrukking te bied. Vanaf 1967 tot ongeveer 1990 het dit noodverligting en liefdadige hulp aan oorlogslagoffers en gemarginaliseerde mense in Zimbabwe gebied. Hierdie artikel ondersoek die ontwikkeling van Christian Care vanaf sy stigting in 1967 tot ongeveer 1990, en wys daardeur op die verandering oor tyd. Dit wys ook hoe Christian Care daarin geslaag het om te reageer op voetsoolvlak omstandighede, selfs toe sy agenda nie ooreengestem het met dié van die regering van die dag nie. Tussen 1967 en 1980 was Christian Care se hulpverlening meestal op krisisse toegespits, en het die organisasie oorlogslagoffers bygestaan met kos, klere en geld. Na 1980 het die aard en inhoud van die hulpverlening verander na ontwikkelingsprojekte, soos die sink van boorgate, die bou van skole, klinieke en damme, en bystand aan gemeenskappe om inkomste-genererende projekte, soos mark tuine, van die grond af te kry. Deur gebruik te maak van 'n kwalitatiewe navorsingsmetodologie met oorwegend argivale bronne, stel ek ondersoek in na die ontwikkeling van Christian Care se hulpverlening in die Matabeleland-streek van Zimbabwe, en wys daardeur hoe die organisasie hulp verleen het aan die verdruktes en verwaarloosdes. |
|
Review Article Jacob Dlamini and the hidden history tradition of South African historiography Smith, Edwin T. Resumo em Inglês: Hidden histories are pervasive globally, particularly since the advent of 'history from below' as social history in the 1960s. Jacob Dlamini's body of work is firmly located within South African historiography's hidden histories tradition and practice. His most recent studies, both published in 2020, Safari Nation: A Social History of the Kruger National Park and The Terrorist Album: Apartheid's Insurgents, Collaborators, and the Security Police, are a remarkable contribution to this practice, indicating the purchase it has in developing and improving South African historiography. This article seeks, first, to demonstrate how Dlamini's Safari Nation deepens and enriches environmental and nature conservation historiography by incorporating the traditionally marginalised experiences of black South Africans in the making of the Kruger National Park and the development of nature conservation and leisure in South Africa. Secondly, it demonstrates how The Terrorist Album contributes to and improves South African struggle history through the telling of an often neglected or overlooked interface between surveillance technology and subterfuge in the liberation struggle.Resumo em af: Verborge geskiedenisse is wêreldwyd volop, veral nadat 'geskiedenis van beede' in die 1960's as 'n deel van sosiale geskiedenis ontstaan het. Die geskiedskrywing van Jacob Dlamini pas netjies in die tradisie en praktyk van verborge geskiedenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Sy jongste studies, wat albei in 2020 gepubliseer is, Safari Nation: A Social History of the Kruger National Park en The Terrorist Album: Apartheid's Insurgents, Collaborators, and the Security Police, lewer 'n noemenswaardige bydrae tot hierdie praktyk en toon die waarde daarvan vir die ontwikkeling en bevordering van Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Hierdie artikel poog, eerstens, om te wys hoe Dlamini se Safari Nation die geskiedskrywing rondom die omgewing en natuurbewaring verdiep en verryk deur die ervaring van swart Suid-Afrikaners in te sluit wat tot nou toe in die ontstaan en ontwikkeling van die Nasionale Kruger Wildtuin en die ontwikkeling van natuurbewaring en ontspanning in Suid-Afrika, geringgeskat is. Tweedens wys dit hoe The Terrorist Album 'n bydrae lewer ter versterking van Suid Afrikaanse vryheidstryd-geskiedenis deur die verkenning van 'n dikwels afgeskeepte of miskende raakvlak tussen waarnemingstegnologie en slenterslae in die vryheidstryd. |
|
Book Review Ideological movements that inspire the possibility of a radically different future Passemiers, Lazlo |
Leia a Declaração de Acesso Aberto
