Open-access Suppressed data: The controversy on Lynn Saffery's enquiry into African living conditions on the Northern Rhodesian Copperbelt, 1942-1945

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die omstredenheid rondom Ambrose Lynn Saffery se ondersoek na die lewensomstandighede van swartes in die Noord-Rhodesiese Koperstreek gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie ondersoek het van Augustus 1942 tot Januarie 1943 plaasgevind ten tyde van die felste oorlogvoering toe die koloniale regering, mynwerkers en mynbestuur met die ergste oorlogtydse druk gekonfronteer is. Dié artikel lewer 'n bydrae tot navorsing oor die impak van oorlogtydse politieke ekonomie op swart lewensomstandighede in stedelike gebiede. Navorsers het die opnames wat oor stedelike swart lewenskoste gedoen is, geanaliseer en aangetoon hoe dit deur die heersende politieke ekonomie gevorm is. Navorsers het egter grootliks die debatte wat tydens die ondersoeke aan die orde was en optredes beïnvloed het, geïgnoreer. Hierdie artikel maak van argivale bewysmateriaal gebruik om aan te dui dat Saffery se ondersoek deur die omstredenheid tussen die Noord-Rhodesiese Kamer van Mynwese en die Arbeidskommissaris beïnvloed is. Eersgenoemde het die ondersoek gekritiseer ten einde die belange van die mynmaatskappye te beskerm, terwyl laasgenoemde die ondersoek ondersteun het omdat dit deur die Departement van Arbeid, onder beheer van Saffery, gedoen is. Die artikel ontbloot hoe die belange van verskillende groeperinge hulle perspektiewe oor statistiese ondersoeke bepaal het. Die omstredenheid het ontstaan toe die koloniale regering en die mynmaatskappye geweier het om die bevindinge van die ondersoek te aanvaar en daarvolgens op te tree. In plaas daarvan het hulle die verslag ter syde gestel ten einde die politieke en ekonomiese gevolge van die bevindinge te vermy.

Lynn Saffery; statistiek; lewensomstandighede; lewenskoste; Koperstreek


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba