Open-access Vlag-skepping vir die "nuwe" Suid-Afrika, 1910-2010

Abstract

Oor die afgelope eeu is onderskeidende vlae by drie geleenthede vir Suid-Afrika ontwerp en in gebruik geneem. Eerstens, kort na Uniewording in 1910, is 'n standaarde patroon wat dwarsdeur die Britse Ryk toegepas is, nagevolg. Tweedens, is 'n nasionale vlag, ter erkenning van Suid-Afrikaanse onafhanklikheid, in 1928 gehys. Hierdie vlag, wat die land twee geslagte lank gedien het, is egter toenemend deur dele van die bevolking met apartheid vereenselwig en stelselmatig verwerp. Tydens die parlementsopening op 2 Februarie 1990, het Staatspresident F.W. de Klerk se opspraakwekkende aankondiging die formele onderhandelingsproses binne Suid-Afrika aan die gang gesit. As deel van hierdie proses wat op 27 April 1994 vrug gedra het, is die huidige nasionale vlag ingewy. Hierdie artikel skets die stappe wat gevolg is en hoe die proses aanvanklik skipbreuk gely het. Dit skenk ook aandag aan hoe die finale ontwerp van die nasionale vlag, wat as die vernaamste identifikasiesimbool van Suid-Afrika en sy mense beskou word, uiteindelik ontstaan het.

Blou Vlootvlag; Rooi Vlootvlag; nasionale vlag; nasionale simbool; Veelparty Onderhandelingsraad; Vlagkunde


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top