Open-access "Taal op Tuks": 'n herwaardering van die Verandering in Taalbeleid aan die Universiteit van Pretoria, 1932

Hierdie artikel poog om die waarde, sowel as die moontlike slaggate van die gebruik van amptelike institusionele geskiedenisse in historiese navorsing te ondersoek en in die besonder te kyk hoe 'n spesifieke skool van geskiedskrywing die interpretasie van gebeure in die verlede kan beïnvloed. Hierdie artikel fokus op die gebeure rondom die verandering van die taalbeleid van die Universiteit van Pretoria (UP) van 'n dubbelmedium na 'n enkelmedium Afrikaanse beleid. Die uiteensetting van die taalkwessie soos weergegee in die amptelike gedenkbundel van die universiteit, Ad Destinatum 1910-1960, word met inligting uit ander bronne, insluitend Afrikaanse en Engelse koerantberigte, notules van vergaderings van universiteitsliggame, mondelinge en geskrewe getuienis van voormalige studente en reeds gepubliseerde artikels oor die taalvraagstuk by Suid-Afrikaanse universiteite vergelyk. Die rol van leiersfigure in die taalkwessie word ook ondersoek.

Ad Destinatum; Afrikaanse taal; Afrikaans; Afrikaanse universiteite; Afrikaner historiografie; Afrikaner Nasionalisme; Afrikaner Rebellie (1914-1915); Anglisasiebeleid in onderwys; Anglo-Boereoorlog (1899-1902); "breë Suid-Afrikanisme"; Britse Imperialisme; dubbelmedium onderrig; Eerste Wêreldoorlog (1914-1918); institusionele geskiedenis; taalvraagstuk; tersiêre onderwys; Transvaal(se) Universiteits-kollege (TUK); tweetaligheid; Universiteit van Pretoria (UP); universiteitsgeskiedenis; Voortrekker Universiteit


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo