Open-access Considering socio-cultural histories in gold mining tourism: A view of Khutsong township, Gauteng

Abstract

Sosio-kulturele informele nedersettingstoerisme speel 'n belangrike rol in die verteenwoordiging van die nalatenskap en erfenis van streke. Dit help om die unieke identiteit van 'n streek te bewaar en te bevorder, en interaksie tussen toeriste en plaaslike kulture aan te moedig. In hierdie artikel word die belangrikheid van navorsing beklemtoon wat potensiële toerismegeleenthede uit sosio-kulturele erfenisse kan skep. Vir hierdie bespreking is die dorp Khutsong naby Carletonville in die Gauteng provinsie van Suid-Afrika as voorbeeld uitgesonder. Khutsong het sy ontstaan te danke aan die goudmynbedryf in die Verre Wesrand-gebied. Hierdie dorp is as voorbeeld gekies vanweë die navorsingsleemte ten opsigte van sy historiese nalatenskap. Die bespreking handel verder ook daaroor dat mynbou-erfenisse in die gebied die potensiaal het om toerismegeleenthede in die omgewing en vir die gemeenskappe plaaslik te skep, en dat Khutsong se geïdentifiseerde erfenis beslis by so 'n groter erfenisfokus kan baat. Khutsong is aan die buitewyke van die dorp Carletonville gevestig, en sy mense is nou met die plaaslike goudmynbedryf se geskiedenis verbind - onder meer met die arbeids- en sosio-ekonomiese impak wat die vestiging van diverse kulture in die dorp tot gevolg gehad het. Die plaaslike gemeenskap van Khutsong se voorstelle rakende toerisme vir hulle gebied het in wese die voorstelle gekomplementeer wat met toerisme-spesifieke akademiese literatuur verband hou. Dit is, naamlik, die soeke na die skep en voorstel van toerismeprodukte in ekonomiese streke wat totaal afhanklik is van die mynbou-ekonomie. Tog is die groot navorsingsleemte, hoe om aan hierdie behoefte te kan voldoen. 'n In-diepte vaslegging van die sosio-kulturele geskiedenisse is in hierdie artikel bespreek as 'n vertrekpunt vir toekomstige toerisme en verdere navorsing hieroor.

Historiese nalatenskappe; sosio-kulturele toerisme; goudmyntoerisme; gemeenskapsbetrokkenheid; mynekonomie; Khutsong; Gauteng


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba