Abstract
Hierdie artikel ontleed die rol van preekstoel-prediking in die stryd om 'n veelparty-demokrasie in Kenia te laat herleef. Daar word aangevoer dat, deur "die mag van die preekstoel", sommige geestelikes, vernaam David Gitari, Alexander Muge, Henry Okullu en Timothy Njoya, as individuele aktiviste 'n proses van verandering teweeggebring het in 'n tyd waarin die staat vir alle praktiese doeleindes daarin geslaag het om stemme wat op politieke verandering aangedring het, stil te maak. Daarop word 'n kroniek van David Gitari se preke gegee om sodoende te wys hoe sy politieke preke 'n kuituur van verset in die land aangewakker het, en die sogenaamde "tweede bevryding" in Kenia ingelui het. Die artikel steun op argivale bronne en korrespondensie, sowel as 'n aantal diepgaande onderhoude.
David Gitari; geestelikes; Daniel arap Moi; politieke preke; demokrasie in Kenia; aktivisme; Anglikaanse Kerk