As hoofregter van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) vir ongeveer twintig jaar was J.G. Kotzé in deurlopende kontak met Staatspresident S.J.P. Kruger in hierdie tydperk. Sy evaluering van Kruger is deur 'n individu van 'n totaal verskillende kulturele en opvoedkundige agtergrond. Hy beskrywe beide positiewe en negatiewe insidente in sy verhouding met Kruger en verskaf 'n interessante ontleding en beoordeling van Kruger se karakter.
S.J.P. Kruger; J.G. Kotzé; T.F. Burgers; aanstelling van regters; Nellmapius saak; Hananwa kommando; presidensiele verkiesing; Jameson inval; regs dispuut