Open-access 'The existing state of affairs is a disgrace and a positive danger to the town': Water-borne disease and sanitation in the Beaufort West Municipality, 1848-1955

Abstract

Oor twee eeue heen, was Beaufort-Wes 'n noodsaaklike rushalte vir reisigers wat deur 'n droë en ylbevolkte omgewing gereis het. Sedert sy stigting is die dorp deurlopend geteister deur waterprobleme, hetsy droogte, vloedwater of besoedeling. Baie faktore het tot die dorp se gesondheidsprobleme bygedra. As gevolg van sy unieke geografiese ligging is die dorp klimatologies baie kwesbaar. Beaufort-Wes is in die sentrale Groot Karoo se semi-woestyn geleë, met 'n gemiddelde jaarlikse reënval van slegs 250 mm. Watervoorsiening aan die dorp is grotendeels van reënval afhanklik en gereelde droogtes is onvermydelik. Grondwater, wat deur middel van boorgate onttrek word, het deur die jare heen 'n toenemend belangrike rol in die ontwikkeling van Beaufort-Wes gespeel. 'n Baie rudimentäre waterverspreidingstelsel, wat oorspronklik uit oop straatleivore bestaan het, asook 'n rioolstelsel, bestaande uit nagemmer verwydering en putlatrines, is ontwikkel. Baie dorpenaars was selfonderhoudende inwoners wat plaasdiere soos varke, skape, bokke, hoenders en koeie as voedselbronne op hul eiendomme aangehou het. Hierdie situasie het byna onoorkomelike gesondheidsprobleme opgelewer. Twee waterdraende siektes -ingewandskoors en witseerkeel - het vir baie jare met reëlmaat opgeduik in die notules en gesondheidsverslae van Beaufort-Wes se munisipaliteit. Die studie ondersoek die oorsake, manifestering en gesondheidsimpak van hierdie siektes op die gemeenskap van Beaufort-Wes, asook die munisipale inisiatiewe wat aangewend is om die voorkoms daarvan te bestry en pogings om die dorp se algemene gesondheidstoestand te verbeter. Die gevallestudie van Beaufort-Wes bevestig die hipotese dat moderne uitbrekings van waterdraende siektes en sanitasie in Suid-Afrika 'n lang historiese aanloop het.


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top