Open-access Land, labour, war and displacement: A history of four black concentration camps in the South African War (1899 1902)

Abstract

Van die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog het beide die Britse en Boeremagte gedurende hul militare operasies doelbewus en direk die burgerlike bevolking geteiken, en dus op hierdie wyse twintigste-eeuse "totale oorlog" vooruitgeloop. Boere-inteneringskampe, later bekend as konsentrasiekampe, is al goed gevestig in die historiografie. Minder bekend is die naturelle vlugtelingskampe wat as gedwonge oorlogsarbeidskampe gefungeer het, en wat vandag bekend staan as swart konsentrasiekampe. Alhoewel burgerinternering nie bedoel of ontwerp was vir volksmoord nie, het die hoë lewensverlies en bitterheid onder die Boere se afstammelinge die politieke narratief van Suid-Afrika in die twintigste eeu beïnvloed. Die swart gedwonge-arbeidskampe was in teenstelling tot die Boerekampe baie meer dodelik, en op 'n totaal ander model gegrond. Nogtans het die herinnering aan hierdie ondervinding slegs in die afgelope twee dekades die historiese diskoers binnegedring. Hierdie artikel ondersoek daardie kampe waar swart burgerlikes by Oranjerivierstasie, Taung, Vryburg en Brusselsylyn geïnterneer is. Die ligging van hierdie kampe, wat ongeveer 300 km van die suidelike tot die mees noordelike punte geleë is, is eers tussen 2001 en 2008 by die skrywer geïdentifiseer.

Suid-Afrikaanse Oorlog; swart konsentrasiekampe; gedwonge-arbeidskampe; Oranjerivierstasie-konsentrasiekamp; Taung-konsentrasiekamp; Vryburg-konsentrasiekamp; Brusselssylyn-konsentrasiekamp; Dry Harts


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo