Open-access Rediscovering the South African Games: A Neglected Chapter in South African Sports History

Abstract

Teen die vroeë 1960's was Suid-Afrika onder toenemende internasionale druk weens die land se apartheidsbeleid. Hierdie druk het op verskillende maniere gemanifesteer, onder meer deur 'n sportboikot teen rasgesegregeerde sport gedurende die apartheidsjare. Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) was een van die sportliggame wat 'n ultimatum aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Olimpiese Komitee (SANOK) gestel het om rassediskriminasie in sport te beëindig; anders sou Suid-Afrika moontlik van die 1964 Olimpiese Spele in Tokio uitgesluit word. As 'n "teenoffensief" het die Suid-Afrikaanse regering die eerste in 'n reeks georganiseerde sportbyeenkomste - die sogenaamde "SA Spele" - geïnisieer; 'n Suid-Afrikaanse weergawe van die Olimpiese Spele. Alhoewel die internasionale sportboikot teen Suid-Afrika reeds aansienlike akademiese aandag geniet het - met sommige navorsers wat die oorsprong daarvan nagegaan en ontleed het, en in sekere gevalle op die impak daarvan op spesifieke sportkodes gefokus het - is die reaksie teen hierdie boikotte op die tuisfront, en veral die aanbieding van 'n apartheidweergawe van die Olimpiese Spele, nog nie voldoende ondersoek nie. Hierdie artikel vul daardie leemte en ondersoek die aanbieding van die verskeie sportbyeenkomste wat as die SA Spele bekendgestaan het - 'n grotendeels vergete episode in die Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis.

SA Spele; Suid-Afrikaanse sporthistoriografie; Internasionale sportboikot; Olimpiese Spele


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top