Open-access The Great War and a new dance beat: Opening the South African dance floor

Abstract

Die Eerste Wêreldoorlog, en die uitbreiding van stedelike Suid-Afrikaanse gemeenskappe, het gedien as katalisator vir die ontwikkeling van sosiale dans in Suid-Afrika. Voor die Oorlog was dans grootliks as eksklusief beskou, terwyl dit gedurende die Oorlog aansienklik meer gewild geraak het te danke aan fondsinsamelingsdinees, partytjies ter viering van oorwinnings en die insluiting van die jazz ritme in sosiale danse. Dans gedurende hierdie periode was tog veel meer as 'n blote "teëvoeter vir Oorlogsdepressie", dit was inderwaarheid 'n radikale uitbreiding van die publieke danssektor: nie-tradisionele danse wat dans bewegings in meesleurende tendense laat ontaard het. Gevolglik kon diegene wat voorheen uitgesluit was deur die eksklusiewe aard van dans as tydverdryf, meemaak in gewilde dans tendense.

Suid-Afrikaanse baldans; Eerste Wêreldoorlog; Goewerneur-Generaals; ragtime dans; sosiale dans; gemeenskaplike danssale; shebeen; grammofone; verstedeliking


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba