Abstract
Voor die vroeë twintigste eeu was veeartsenykunde in Suid-Afrika onderontwikkel. Perde was in daardie stadium van deurslaggewende belang vir die land se (ekonomiese) ontwikkeling. Die gesondheid van hierdie diere was dus baie belangrik in Suid-Afrika aangesien enige perdesiekte 'n groot impak op die land se vooruitgang gehad het. 'n Studie van Afrika-perdesiekte gaan daarom nie net oor siek of dooie perde nie; dit strek verder as die voor die hand liggende feite en belig die vele sosiale implikasies van 'n dieresiekte. Afrika-perdesiekte kom in Suid-Afrika voor reeds sedert die eerste perde saam met Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, en dit is vandag steeds 'n baie algemene siekte onder perde. Weens die hoë voorkoms daarvan het Afrika-perdesiekte 'n impak wat veel verder strek as die ekonomiese ontwikkeling van die land.
Afrika-perdesiekte; ontwikkeling van veeartsenykunde; Arnold Theiler; Duncan Hutcheon; dieresiekte; runderpes; koloniale veeartse; Wet op Aansteeklike Siektes; Departement van Landbou; Louis Botha; Onderstepoort