Open-access 'Harnessing the Falls': Early South African Electrification and the Victoria Falls and Transvaal Power Company, 1906 - 1948

Abstract

Die Victoria Falls and Transvaal Power Company (VFP) was tussen 1906 en 1948 die grootste kragopwekker in Suid-Afrika. Dit het die VFP 'n uiters belangrike dryfkrag in die land se ekonomie gemaak, veral omdat die myne op die Rand toenemend op elektriese verbruik begin staatmaak het as deel van hulle meganisasie. Juis hierdie ekonomiese belangrikheid het die VFP egter in konflik gebring met ander groepe, veral munisipaliteite aan die Rand, wat probeer het om hulle eie elektrisiteitsopwekkings- en verspreidingsnetwerke te vestig. Met die inwerkingtreding van die Elektrisiteitswet van 1922 het die VFP verdere teenkanting ondervind in die vorm van die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (Evkom). Terwyl die verhoudinge tussen die VFP, Evkom en die Randse munisipaliteite reeds in die bestaande gepubliseerde literatuur ondersoek is, het die fokus van hierdie vorige ontledings grootliks binne 'n Marxistiese raamwerk plaasgevind. Hierdie artikel beoog egter om hierdie verhoudinge binne die konteks van die komplekse interaksies tussen die VFP, munisipale regerings, plaaslike owerhede en elektrisiteitsverbruikers te ondersoek.

Evkom; Victoria Falls and Transvaal Power Company (VFP); Suid-Afrikaanse elektrifisering


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top