Abstract
Moeder- en Kinderwelsyn (MCW) is in 1933 aan die Swazi's bekendgestel by die Raleigh Fitkin Memorial (RFM) Hospital of the Church of the Nazarene (CON). Geskrifte oor die bekendstelling daarvan wys hoe Europese dokters in koloniale ruimtes hul mediese kennis gebruik het om imperiale uitbreiding en beheer te bevorder, imperiale mag gelegitimeer en in stand gehou het, en plaaslike stelsels van kennis en geloof ondermyn het. Geskrifte oor Afrikane se reaksie daarop is egter skraps. Deur middel van argiewe en mondelinge getuies voer hierdie artikel aan dat Afrikane nie bloot passiewe ontvangers van biomediese dienste was nie, deur te wys hoe Swazi vroue weerstand daarteen gebied het, en sommige van die MCW se dienste ronduit verwerp het. Die artikel stel ondersoek in na die CON-sendelinge en koloniale regering se oorvleuelende belange wat betref gesondheidsdienste, en verduidelik waarom swangerskap en geboorte verskuif is vanuit die private na die openbare sfeer. Verder stel dit ondersoek in na Swazi vroue se weerstand teen sommige van die sendelinge se gesondheidsdienste aan swanger vroue en moeders, wat die CON-sendelinge genoop het om oor die gebruik daarvan te onderhandel.
voorgeboorte kliniek; Church of the Nazarene; weerstand; geïnstitusionaliseerde geboorte; inheemse medisyne; moeder- en kinderwelsyn; Raleigh Fitkin Memorial Hospital; sifilis
