Open-access "Hou jou dorp skoon en gesond": Die inspekteur van steurnisse: 'n narrasie van kultuur en santitasie in negentiende eeuse Durban

Abstract

In die negentiende-eeuse koloniale dorp, Durban, het die ontwikkelende Britse sanitasiekultuur lynreg gebots met die diverse sieninge van ander groepe in die proses van verstedeliking. Die "Inspekteur van Verontreiniging" en die Munisipale Sanitêre Komitee het 'n betekenisvolle rol in hierdie konteks gespeel en moes 'n verskeidenheid van omgewings-probleme hanteer. Sommige, soos oor-besette krotbuurte, het vêrreikende gevolge gehad: 'n Formele segregasie beleid. Die Inspekteurs was ook gemoeid met verskeie ander stoornisse: die behoefte aan higiëne; leeglêers en tog-arbeiders; barakke en kampongs en geboue-inspeksie. Hulle het 'n belangrike rol vervul in die ontwikkeling en verfyning van stedelike dienste soos die nagvuil stelsel en die vervaardiging van misstof vir bemesting.

Durban; "Inspekteur van Verontreiniging"; Sanitêre Komitee; siektes; oor-besetting; armoede; segregasie; lokasies; openbare stoornisse; bou-inspekteurs; versameling en behandeling van nagvuil (sanitêre afval); afval-verwydering


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top