Open-access Sport-historical events leading to the South African Amateur Athletics and Cycling Board of Control

Die Suid-Afrikaanse Amateur Atletiekraad (SAAAR) is 'n vergete deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Tog het dit aan atlete, misken deur die Apartheidsregime, erkende sportdeelname verskaf. Na die stigting in 1946 het dit deel uitgemaak van die na-Tweede Wêreldoorlogpogings deur swart administrateurs om deelname op voetsoolvlak te bewerkstellig en internasionale erkenning te verkry. Eerwaarde Bernard Sigamomey was 'n prominente figuur in die vereniging van krieket, sokker en ander sportsoorte. Daar bestaan bewyse dat swart sportadministrateurs deur internasionale gebeurtenisse, soos die 1936 Olimpiese Spele, beïnvloed is om hulleself op nasionale vlak te organiseer. Die Westelike Provinsie en Natal was aanvanklik die twee kernprovinsies wat die SAAAR gelei het. Beide provinsies het op skole as voedingsbronne vir atletiekkompetisies staatgemaak. Swak fasiliteite en die afwesigheid van gekwalifiseerde liggaamlike opvoedkunde leerkragte op skool, soos in die VSA, het egter atletiekontwikkeling gekniehalter. Die SAAAR het desnieteenstaande 'n voorbeeld van effektiewe administrateurs en administrasie nagelaat. Hierdie toeganklike dokumentêre nalatenskap maak dit vir historici moontlik om die gebeurtenisse wat tot die organisasie se ontstaan aanleiding gegee het, na te speur. Hierdie ontwikkelinge word as 'n sport-historiese narratief aangebied met gebruikmaking van mediabronne en die outeur se privaatversameling.

Atletiekgebeure; Swart geskiedenis; Suid-Afrikaanse Amateur Atletiek-en Fietsrybeheerraad; Westelike Provinsie-Atletiek; Natal-Atletiek


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba