Open-access Klaas Koen: identiteit en behorendheid in die Berlynse Sendinggenootskap tydens die laat neëntiende eeu

Klaas Koen was die eerste Suid-Afrikaans gebore sendeling van die Berlynse Sendinggemeenskap. Vanuit die perspektief van die sendingowerheid was hy 'n ideale advertensie vir hulle werksaamhede in die land. Volgens die heersende denke van die tyd sou sy Khoisan-afkoms hom moes verdoem het tot 'n lewe van "bose stompsinnigheid en... allerlei heidense sondes en skandes". Luidens die interpretasie van die Sendinggenootskap sou sy Christelike wedergeboorte egter tot gevolg gehad het dat hy nougeset vir die genootskap bly werk het en tot die dood toe getrou was. Hy is vereer in 'n traktaatjie sowel as ander tekste wat deur die genootskap uitgegee is. Aangesien die verslae wat deur die sendelinge in die veld aan hulle hoofkwartier gestuur is, streng aan 'n bepaalde formaat voldoen het, is dit moeilik om te agterhaal wat Koen moontlik self oor sy lewe en sy werksaamhede gedink het. Hierdie artikel ondersoek Koen se lewensgeskiedenis en die redes vir die wyse waarop die Sendinggenootskap hom behandel het, oor hom geskryf het, en hom herdenk het. Dit doen ook moontlike redes aan die hand vir die keuses wat hy gemaak het. Daar word afgesluit met 'n bespreking van bepaalde aspekte van sy nadoodse identitieit.

Afkoms; Berlynse Sendinggenootskap; biografie; Christendom; stand en sending; bekering; Emilie Lehn; Georgenholtz; Haarlemse Sendingstasie; identiteit; Khoisan; Klaas Koen; sendelinge; sendelingtekste; anders-maak; Piëtisme; vooroordeel; slaweafkoms; Vendaland; Vhavenda


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top