Open-access Vergelyking van ontwikkelinge in watervoorsiening, sanitasie en omgewingsgesondheid in vier Suid-Afrikaanse stede, 1840-1920

Omgewingsgesondheid het sy hedendaagse oorsprong in die open bare gesondheidssbeweging van Brittanje in die negentiende eeu gehad. Hierdie betrokke terrein ondersoek gesondheidsgebaseerde aspekte van die natuurlike en beboude omgewing. In hierdie artikel is die fokus op kwessies van veilige drinkwater en sanitasie in Kaapstad, Grahamstad, Durban en Johannesburg in die tydperk c. 1840-1920. In hierdie era het die aanvulling van die bestaande watervoorrade en saniteitshervorming prominent in munisipale kringe ter sprake gekom. Daar was ook kwessies rondom risikovermindering in gevalle van stedelike brand-insidente. Terselfdertyd het plaaslike owerhede daarna gestreef om hulle finansies goed te bestuur en administrasie te verbeter. Die skakels tussen gesondheid, rassesegregasie en verskille in die voorsiening van munisipale dienste word ook bespreek. Daar word aangedui dat amptenare in samewerking met die koloniale owerhede daarin geslaag het om ' n raamwerk vir plaaslike regering daar te stel wat met soortgelyke stelsels in die Verenigde Koninkryk ooreengestem het. Tog wil dit ook voorkom asof SuidAfrikaanse omstandighede ook vereis het dat voorsiening vir die ontwikkeling van ' n unieke stelsel gemaak word.

Omgewingsgesondheid; Suid-Afrika; watervoorraad; sanitasie; open bare gesondheid; munisipale dienste; verstedeliking; Kaapstad; Grahamstad; Durban; Johannesburg


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba